Leestekens

 

Tuis|HomeLeestekensLibreOfficePortableApps
 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

17 Julie 2005

Afrikaanse leestekens

Afrikaanse leestekens en aksente op karakters in dokumente op die rekenaar

Al ooit gewonder hoe om goeie Afrikaans, met leestekens in die teks, in epos-boodskappe en ander dokumente te gebruik? Daar is verskeie maniere, soos om allerhande kodes in te tik, soos aangedui in die karakterkaart ("character map") van die betrokke bedryfstelsel (Windows 9x, 2000, XP, Linux, ens.), of om die betrokke program se eie funksies te gebruik.

Die gerieflikste oplossing is egter om eenvoudig die sleutelbord se opstelling te verander, sodat dit die internasionale karakters kan weergee, in enige program, enige plek, selfs vir lêername.

Meeste Afrikaanssprekendes gebruik gewoonlik die "US Keyboard Layout". Al wat nodig is, is om dit te verstel na die "US-International Keyboard Layout". Dit geld vir beide Windows en Linux.

Gaan soos volg te werk vir Windows:

Rekenaarwenke. Leestekens
Windows Weergawe

Instruksies

Vir Windows 95, 98,
NT en 2000
Gaan na "Control Panel", kies "Keyboard", en dan "Language" ("Input Locales" in Windows 2000). Voeg nog 'n sleutelbord by met "Add", kies die taal as "English" en die uitleg as "United States International"of "US-International", en kliek "OK". Kies nou hierdie nuut-bygevoegde sleutelbord, kliek "Set as Default" en dan "OK".
Vir Windows XP Gaan na "Control Panel", kies "Date, Time, Language and Regional Options", dan "Regional and Language Options", en "Languages". Voeg nog 'n sleutelbord by met "Add", kies die taal as "English" en die uitleg as "United States International" ("Keyboard layout/IME"). Kies nou hierdie nuut-bygevoegde sleutelbord onder die "Default Input Language", kliek "OK" en weer "OK".

 

Met laasgenoemde opstelling word enige leesteken eerste getik, gevolg deur die letter waarop dit toegepas moet word. So word die "ê" verkry deur eers 'n "^" te tik, direk gevolg deur 'n "e".

Voorbeelde:

Verlangde Karakter

Tik hierdie karakters

à ` a
â ^ a
ä " a
á ' a
è ` e
ê ^ e
ë " e
é ' e
ô ^ o
û ^ u
ï " i
ñ ~ n
ç ' c

 

Die metode werk vir klein- en hoofletters.

Hierdie opstelling van die sleutelbord lewer 'n paar sogenaamde "dooie" sleutels. Dit is die karakters wat nou gebruik kan word om aksente en leestekens te skep. Om hierdie karakters op hulle eie te verkry, tik die verlangde karakter, gevolg deur 'n spasie. So word “"” gevolg deur 'n spasie, “'” gevolg deur 'n spasie en "~" gevolg deur 'n spasie, om die betrokke karakters te tik.

'n Onverwagte bonus, is dat daar 'n paar ander spesiale karakters is wat ook nou beskikbaar word, met 'n paar sleutelkombinasies. In die volgende tabel dui die "+" aan dat die sleutels tegelyk vasgehou word. Byvoorbeeld, die Euro-simbool word verkry deur die Ctrl en die Alt sleutels vas te hou en dan die "5" te tik.

Voorbeelde:

Verlangde Karakter

Tik hierdie karakters

Ctrl + Alt + 5
© Ctrl + Alt + c
® Ctrl + Alt + r
ß Ctrl + Alt + s
¼ Ctrl + Alt + 6
½ Ctrl + Alt + 7
¾ Ctrl + Alt + 8
¥ Ctrl + Alt + -
µ Ctrl + Alt + m

 

 

 

 

Tuis|Home
Leestekens
LibreOffice
PortableApps

Tuis|HomeLeestekensLibreOfficePortableApps

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Kaleidoskoop

Professional Software Calgary, Alberta, Canada

Professionele Sagteware Calgary, Alberta, Kanada

ARK Webontwerp
 -- ARK Web Design © 2007-2023

 

Bekering

Bybelteks
Bible Text

'n Christen ...

ARK Webontwerp © 2007-2023  ARK Web Design © 2007-2023