Top 10

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Top 10 Wenke: Sekuriteit vir jou Rekenaar

Voorsorg vir Ongelukkige Voorvalle

Vir ELKE rekenaar onder jou toesig:

1. Maak minstens een keer per week 'n rugsteun-kopie ("backup") van jou data, verkieslik daagliks.

2. Installeer Antivirus-sagteware. As jy nie op hierdie oomblik antivirus sagteware gebruik nie, stop dadelik, gaan kry dit, en gaan dan voort nadat jy dit geïnstalleer het. As jy Windows gebruik, is dit eenvoudig onverantwoordelik om sonder antivirus sagteware te werk, weens die hoë volume van virusse waarvoor dit kwesbaar is. 

Top 10 Wenke: Sekuriteit vir jou Rekenaar

Bekende programme is
Norton Antivirus en McAfee Antivirus. Daar is ook gratis programme beskikbaar, soos AVG Anti-Virus, Avira AntiVir Personal - FREE Antivirus en Avast! Antivirus 4.x Home Edition.
3. Installeer 'n bidireksionele vuurmuur. Die vuurmuur in Windows XP is beter as niks, maar ook nie veel nie. ZoneAlarm en Sunbelt gratis persoonlike vuurmure is beter opsies. Sunbelt kom met die volle funksionaliteit van die betaalweergawe, wat dan afskaal na 30 dae. Gebruik ook 'n hardeware vuurmuur as jy 'n breëband Internetverbinding het, soos DSL.

4. Gebruik 'n Internet-diensverskaffer  (ISP) wat aanlyn (aan die bedienerkant) filter vir virusse, gemorspos ("spam") en ander inhoud, of gebruik 'n eposdiens wat dit voorsien.

5. Doen die opstellings vir jou sekuriteit in jou snuffelprogram ("browser"), epos en draadlose netwerk ("wireless LAN"). Skakel ook die opspring advertensies af. Oorweeg om veiliger programme vir snuffel- en eposfunksies te gebruik, soos SeaMonkey, Firefox en Thunderbird.

6. Verwyder enige Advertensieware/Spioenware ("Adware/Spyware"). Gebruik programme soos Spybot Search and Destroy en Ad-Aware om van hierdie euwels, wat jou gewoontes dophou en selfs inligting kan steel, ontslae te raak.

7. Beskerm jou wagwoorde ("passwords"). Gebruik iets soos KeePass of Password Safe, wat beide op tafelrekenaars ("desktops") en handrekenaars ("PDAs") werk.

8. Enkripteer lêers met sensitiewe inligting, met programme soos FreeOTFE of TrueCrypt

9. Kyk eers na besprekings en kommentaar vir programme, voordat jy dit installeer, veral vir advertensieware. Dit mag dalk net 'n deur oopmaak vir probleme. Selfs programme van bekende bronne, soos Microsoft se Windows XP SP2, mag gevare inhou. Soos die spreekwoord sê: "Caveat Emptor".

10. Toets jou rekenaar gereeld vir sekerheid, en doen die nodige opdaterings. Gebruik toetse soos die van Symantec Security Check of ShieldsUp!.Terug na ADSA

 

 

 

Tuis|Home
Top 10
OpenOffice
Toetse
PCPitstop
Mailwasher
Vuurmuur
Antivirus
Advertensies
Gekskeerdery
Epos Etiket
Leestekens

Tuis|HomeTop 10OpenOfficeToetsePCPitstopMailwasherVuurmuurAntivirusAdvertensiesGekskeerderyEpos EtiketLeestekens

Die wonderlike wêreld van die natuur

Die mens en sy dinge

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies  

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads