Gratis Beskerming met 'n Vuurmuur
("Firewall")
Hou die rekenaarvandale ("hackers") uit! Snuffel die spioenware
("spyware") uit! Sien watter programme sonder toestemming inligting probeer
uitstuur na die Internet!
Ongelukkig gee die Windows XP ingeboude vuurmuur
'n valse gevoel van sekuriteit, aangesien daar talle gewone aksies is
wat nie deur dit raakgesien word nie.
Gebruik liewer 'n persoonlike vuurmuur soos
Sunbelt Personal Firewall
(voorheen Kerio Personal Firewall) of
ZoneAlarm, wat gratis is vir
persoonlike en nie-kommersiële gebruik. In beide van
hierdie gevalle lewer die produk die volle professionele funksionaliteit
vir 'n beperkte tyd (gewoonlik 15 of 30 dae), maar kan daarna nog steeds
in 'n basiese mode gebruik word om heel voldoende beskerming te bied. |