Is daar Gate in jou Skild?
Toets jou Kwesbaarheid!
Gebruikers van Microsoft Windows het deesdae al hoe meer kwellinge. Dink maar
aan die
Blaster
en SoBig.F
wurms, en talle nuwe aanvalle op die sekuriteit van jou rekenaar. Jy weet nou reeds van
Antivirus-programme en
Vuurmure,
en het dit nou reeds op jou stelsel geïnstalleer.
Maar hoe gaan jy weet of dit (redelik) veilig is? Deur dit te toets, natuurlik!
Jy hoef nie spesiale kennis te hê om 'n paar eenvoudige toetse te laat uitvoer nie. Daar
is verskeie opsies, waarvan 2 hier genoem word.
ShieldsUp! is 'n toets wat help
om die kwesbaarheid vir aanvalle op jou rekenaar se poorte deur die Internet te bepaal.
Gaan na die opskrif ShieldsUP!! Services, en gebruik die
toetse in die raampie (File Sharing, Common Ports, Messenger
Spam, ens.) Die Blaster wurm het juis die kwesbaarheid van sekere poorte gebruik.
Op dieselfde webwerf is daar nog 'n belangrike toets genaamd
Leaktest, waarmee bepaal word of kwaadwillige
programme dalk buite toe kan kontak maak. Vir ander verwante inligting, sien ook
http://grc.com/default.htm. |
 |