PortableApps

 

Tuis|HomeLeestekensLibreOfficePortableApps

 

 Opgedateer: 27 Maart 2017 ** Updated: March 27, 2017

Soek in hierdie webwerf  

27 Mei 2013

PortableApps

Draagbare Programme

Jou eie draagbare sagteware gereedskapskissie

Oorsig

Het jy al ooit die behoefte gehad om jou gunstelingprogram op iemand anders se rekenaar (of by die werk) te gebruik? Daar is hoop.

Met PortableApps kan jy enige Windows-rekenaar gebruik, asof dit jou eie is. PortableApps is 'n wye versameling van sagteware wat op enige draagbare geheue (USB-skyf, geheuekaart, hardeskyf, tablet of foon) geÔnstalleer kan word, sowel as op 'n plaaslike skyf of selfs in 'n Internet-wolk ("Internet cloud"). Koppel dit aan 'n ander Windows-rekenaar, en gebruik dadelik jou eie bekende sagteware, boekmerke en opstellings.

Verder, waarom ryk maatskappye nog ryker maak, as daar goeie gratis alternatiewe is?

PortableApps

PortableApps is die mees volledige versameling van oopbron- en ander gratis sagteware vir rekenaarwerk, waar jy ook al is. Benut al die sagteware wat jy nodig het, op enige Persoonlike Rekenaar ("PC") wat jy gebruik. Gebruik jou eie snuffelprogram ("browser"), jou volledige kantoorsagteware ("office suite"), jou foto-, teken-, speletjie- en ontwikkelingsprogramme, plus talle meer. By die werk, huis, skool, familie en vriende, selfs op reis. Met al jou boekmerke, eposse, persoonlike lÍers, dokumente en verstellings, wat net op jou eie skyf of geheue bly. Elke rekenaar word nou "jou" rekenaar.


KategorieŽ
Met 'n paar honderd programme in 10 kategorieŽ, is daar sekerlik iets vir elkeen:

Grafies & Prente ("Graphics & Pictures")
Internet
Kantoor ("Office")
Musiek & Video ("Music & Video")
Nutsprogramme ("Utilities")
Ontwikkeling ("Development")
Opvoeding ("Education")
Sekuriteit ("Security")
Speletjies ("Games")
Toeganklikheid ("Accessibility")

Vir die volledige lys, gaan na http://portableapps.com/apps

Installering
Geen spesiale regte nodig nie. Installeer net op jou (bv) USB-skyf, en gebruik dan op ander rekenaars, sonder verdere installering. Dit kan selfs net na 'n rekenaar se interne skyf gekopieer word, vir permanente gebruik op daardie rekenaar.

Gratis/Vry
Dit kos absoluut niks om hierdie sagteware te gebruik. Voorsien net jou eie draagbare (of permanente) geheue. Die meeste van die programme is boonop oopbron ("open source"), veilig en van hoŽ gehalte. Met bekende en gewilde opsies soos die onderstaande, wat het jy om te verloor?

Voorbeelde:

7-Zip InfraRecorder Skype
Audacity Inkscape Smart Defrag
BleachBit IrfanView Songbird
Blender jPortable Stellarium
BPBible KeePass Password Safe Thunderbird
Celestia LibreOffice ToDoList
Chrome Lightscreen Typefaster
ClamWin Marble Unetbootin
DVDStyler MuseScore VirtualDub
Explorer++ Notepad++ VirtuaWin
FileZilla Openoffice.org VLC Media Player
Firefox Opera WinDirStat
Foxit Reader Pidgin WinMerge
Gimp Process Explorer WinSCP
GnuCash PuTTY Workrave
Gramps RawTherapee XAMPP

 

 

 

Tuis|Home
Leestekens
LibreOffice
PortableApps

Tuis|HomeLeestekensLibreOfficePortableApps

Professional Software Calgary, Alberta, Canada

Professionele Sagteware Calgary, Alberta, Kanada

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp © 2007-2017  ARK Web Design © 2007-2017

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel)

 Bybelteks

Bible Text