|
Writer is 'n kragtige program om professionele dokumente, verslae,
nuusbriewe en brosjures te skep. Jy kan maklik illustrasies en diagramme
kan maklik in dokumente invoeg, enigiets van besigheidsbriewe tot
volledige boeke met professionele uitleg skep, asook Web inhoud skep en
publiseer.
Calc is 'n sigbladprogram wat propvol eienskappe is om vervelige
syfers in treffende inligting te omskep. Bereken, ontleed en dra
inligting visueel oor, vinnig en maklik. Gebruik gevorderde
sigbladfunksies en besluitnemings eienskappe om gesofistikeerde data
analise te doen. Gebruik ingeboude funksies om indrukwekkende 2D en 3D
diagramme en kaarte te skep.
Impress is die vinnigste, kragtigste manier om effektiewe multimedia
aanbiedings te skep. Jou aanbiedings sal waarlik uitstaan met spesiale
effekte, animasie en hoë-impak tekenfunkies.
Draw kan enigiets produseer, vanaf eenvoudige diagramme, tot
dinamiese 3D illustrasies en spesiale effekte. Die Databasis
Gebruiker Funksies (Database User Tools) maak dit moontlik om al jou
alledaagse databasiswerk in 'n eenvoudige sigblad-formaat te doen. Dit
ondersteun dBASE databasisse vir eenvoudige toepassings, of enige ODBC-
of JDBC-aanpasbare databasis vir industriële-sterkte databasiswerk. |