LibreOffice

 

Tuis|HomeLeestekensLibreOfficePortableApps

 

 Opgedateer: 27 Maart 2017 ** Updated: March 27, 2017

Soek in hierdie webwerf  

27 Mei 2013

LibreOffice

Gratis sagteware sonder beperkings

LibreOffice

Oorsig

Woordverwerker-, Spreiblad-, Aanbieding-, en Databasis-sagteware vir die kantoor. Vir baie mense beteken dit feitlik outomaties Microsoft Office. Dit beteken ook aankoopkoste, opgraderingskoste, aktiverings, en ander ongemaklikhede en frustrasies.

Waarom duisende Rande spandeer op kantoor sagteware? Of, waarom die spanning verduur van onwettige roofkopieë.

Daar is 'n alternatief, omvattend, professionele kwaliteit, met 'n groot basis van węreldwye gebruikers wat baie in hulle skik is. Hierdie opsie is LibreOffice: gratis en vry, dus geen aankoopprys en installeer dit waar jy wil, vir soveel persone as wat jy wil, in meer as 30 tale, op talle van die hoof-bedryfstelsels, insluitend Windows, Mac en Linux (Debian, Fedora, Mint, Suse... ).


Koste
Libreoffice is gratis. Geen aankoop- of opgraderings-kostes, ooit. Kry altyd die nuutste en beste weergawe, sonder om te wag. Installeer dit soveel keer as wat jy wil, sonder aktivering, sonder vrees vir kopieregoortreding.


Kwaliteit
Hierdie produktiweitsagteware is oor 'n tydperk van meer as 20 jaar ontwikkel. Dit is betroubaar, aanpasbaar by talle ander kantoorsagteware. oor die jare heen. Hierdie oopbronsagteware is deeglik getoets deur sekuriteitskundiges, vir veiligheid en gemoedsrus.


Waarvoor is dit?
'n Uitstekende gratis plaasvervanger vir duur sagteware met baie wetlike en ander beperkings. Die onderskeie komponente van Libreoffice kan vir 'n aantal funksies gebruik word:

  • Woordverwerking ("word processing"): Writer (ipv MS Word)

  • Spreiblad ("spreadsheet"): Calc (ipv MS Excel)

  • Aanbieding ("presentation"): Impress (ipv MS PowerPoint)

  • Teken ("draw"): Draw

  • Wiskundige Formules ("mathematical equations"): Math

  • Databasis ("database"): Base (ipv MS Access)

  • Programmering ("programming"): Basic (ipv MS VBA)

Gebruikersvriendelik
LibreOffice is maklik om te gebruik en Microsoft Office-gebruikers kan pynloos oorskakel, met 'n bekende aansig en gevoel. Daar is uitbreidings vir spelling in talle tale, insluitend Afrikaans, by http://extensions.services.openoffice.org/dictionary. (LibreOffice is nou verwant aan OpenOffice.org.)

Formate
Die gewone lęer-formaat vir Libreoffice is die Open Document Format. Dit beteken dat die dokumente deur verskeie programme van ander vervaardigers, insluitend Microsoft, gelees en geskryf kan word. Dit beteken ook dat dit waardevol is vir argiefdoeleindes, aangesien dit oor baie dekades hiervandaan nog steeds gelees sal kan word. Hierteenoor is daar talle voorbeelde van dokumente geskep deur bv. Word 97 en Excel 95, wat vandag met moeite (en foute) deur selfs Microsoft se eie nuutste kantoorsagteware gelees word.

Libreoffice is ook versoenbaar met dosyne formate van dokumente van derde partye. Dit werk dikwels beter saam met ouer weergawes van ander kantoorsagteware, soos met Word dokumente, Excel spreiblaaie, selfs ou Lotus 1-2-3 en WordPerfect.

Hier is 'n kort lys van dokumente van ander oorsprong, wat deur Libreoffice hanteer kan word:

Microsoft Word
Excel
PowerPoint
Visio
Publisher
VBA
PDF


Platforms
LibreOffice is beskikbaar vir Windows (XP en later), Mac OSX (10.4 en later) en Linux (vir 'n aantal jare reeds). Daar word ook glo gewerk aan 'n Android-weergawe. Dit is selfs ook in 'n draagbare vorm vir Windows beskikbaar.

Meer
Gaan kyk gerus by http://www.libreoffice.org/discover/libreoffice/ vir verdere inligting, en om die sagteware gratis af te laai.

 

 

Tuis|Home
Leestekens
LibreOffice
PortableApps

Tuis|HomeLeestekensLibreOfficePortableApps

Professional Software Calgary, Alberta, Canada

Professionele Sagteware Calgary, Alberta, Kanada

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp © 2007-2017  ARK Web Design © 2007-2017

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel)

 Bybelteks

Bible Text