|
 |
|
17 Julie 2005 |
|
Afrikaanse leestekens en aksente op karakters in dokumente op die rekenaar
Al ooit gewonder hoe om goeie Afrikaans, met leestekens in die teks, in
epos-boodskappe en ander dokumente te gebruik? Daar is verskeie maniere, soos om
allerhande kodes in te tik, soos aangedui in die karakterkaart (character map)
van die betrokke bedryfstelsel (Windows 9x, 2000, XP, Linux, ens.), of om die betrokke
program se eie funksies te gebruik.
Die gerieflikste oplossing is egter om eenvoudig die sleutelbord se opstelling
te verander, sodat dit die internasionale karakters kan weergee, in enige program, enige
plek, selfs vir lêername.
Meeste Afrikaanssprekendes gebruik gewoonlik die
US Keyboard Layout. Al wat nodig is, is om dit te verstel na die US-International
Keyboard Layout. Dit geld vir beide Windows en Linux. Gaan soos
volg te werk vir Windows: |
 |
| Windows Weergawe |
Instruksies |
Vir Windows 95, 98,
NT en 2000 |
Gaan na Control Panel, kies Keyboard, en
dan Language (Input Locales in Windows 2000). Voeg nog 'n
sleutelbord by met Add, kies die taal as English en die uitleg as
United States Internationalof US-International, en kliek
OK. Kies nou hierdie nuut-bygevoegde sleutelbord, kliek Set as
Default en dan OK. |
| Vir Windows XP |
Gaan na Control Panel, kies Date, Time, Language
and Regional Options, dan Regional and Language Options, en
Languages. Voeg nog 'n sleutelbord by met Add, kies die taal as
English en die uitleg as United States International
(Keyboard layout/IME). Kies nou hierdie nuut-bygevoegde sleutelbord onder die
Default Input Language, kliek OK en weer OK. |
|
|
|
|
Met laasgenoemde opstelling word enige leesteken eerste getik,
gevolg deur die letter waarop dit toegepas moet word. So word die ê verkry
deur eers 'n ^ te tik, direk gevolg deur 'n e. Voorbeelde:
|
Verlangde Karakter |
Tik hierdie karakters |
| à |
` a |
| â |
^ a |
| ä |
" a |
| á |
' a |
| è |
` e |
| ê |
^ e |
| ë |
" e |
| é |
' e |
| ô |
^ o |
| û |
^ u |
| ï |
" i |
| ñ |
~ n |
| ç |
' c |
|
|
|
|
Die metode werk vir klein- en hoofletters. Hierdie opstelling van die sleutelbord lewer 'n paar sogenaamde dooie
sleutels. Dit is die karakters wat nou gebruik kan word om aksente en leestekens te skep.
Om hierdie karakters op hulle eie te verkry, tik die verlangde karakter, gevolg deur 'n
spasie. So word " gevolg deur 'n spasie, ' gevolg deur 'n
spasie en ~ gevolg deur 'n spasie, om die betrokke karakters te tik.
'n Onverwagte bonus, is dat daar 'n paar ander spesiale karakters is wat ook nou
beskikbaar word, met 'n paar sleutelkombinasies. In die volgende tabel dui die
+ aan dat die sleutels tegelyk vasgehou word. Byvoorbeeld, die Euro-simbool
word verkry deur die Ctrl en die Alt sleutels vas te hou en dan die 5 te tik.
Voorbeelde:
|
Verlangde Karakter |
Tik hierdie karakters |
| |
Ctrl + Alt + 5 |
| © |
Ctrl + Alt + c |
| ® |
Ctrl + Alt + r |
| ß |
Ctrl + Alt + s |
| ¼ |
Ctrl + Alt + 6 |
| ½ |
Ctrl + Alt + 7 |
| ¾ |
Ctrl + Alt + 8 |
| ¥ |
Ctrl + Alt + - |
| µ |
Ctrl + Alt + m |
|
|
|
|
 |
| |












|