|
Op hierdie manier kan die virusaanhangsels nie kans kry om uit te voer nie, en kan
jy ook filters opstel om selfs alle epos vanaf 'n spesifieke sender of domein summier te
swartlys. Jy kan ook bekende senders op 'n vriendelys plaas, wat dan altyd sal deurkom.
Een so 'n program is Mailwasher. Boodskappe
kan in gewone teks gelees word en direk uitgevee word in Mailwasher. Die name van
aanhangsels kan ook ondersoek word, om te sien of dit dalk potensiele virusse kan bevat.
(Die onlangse vlaag van Sobig.F-wurms is deur Mailwasher as virusse aangedui, en is met
gemak uitgevee op 'n Windows 2000 masjien, sonder enige "Service Packs" vir die
bedryfstelsel of Outlook 2000.) Gemorspos bevat dikwels verwysings na HTML-dele of prente,
wat van buite afgelaai word met 'n spesiale identifikasie-kode, wat dan vir die sender 'n
bevestiging is dat die posbus nog bestaan. Dit dien as aanmoediging om nog meer gemors te
stuur. Dit kan vermy word deur hierdie boodskappe uit te vee in Mailwasher. 'n Verdere
eienskap is dat party boodskappe met die bonsfunksie ("bounce") na die sender
teruggestuur kan word, op so 'n manier dat dit lyk asof dit nie afgelewer kon word nie.
Dit werk natuurlik nie in die gevalle waar die boodskap met 'n vals afsender-adres gestuur
is nie.
Die huidige gratis weergawe van Mailwasher is beperk tot slegs een eposrekening.
Die kommersiële weergawe Mailwasher Pro ($37) het
nie hierdie beperking nie. Die laaste gratis weergawe wat meer
as een rekening kan hanteer (en
nog deur die uwe gebruik word), kan afgelaai word deur op
Google
te soek na "mailwasher2b28.exe". |