|
 |
Virus of Gekskeerdery?
Maak seker voordat jy lêers sommer net uitvee!
Al ooit gewonder of daardie epos met die vriendelike, behulpsame raad om lêer so-en-so
op jou rekenaar uit te vee, wel waar is? Dikwels kom hierdie welmenende
"aanbevelings", wat daarop aanspraak maak dat bekende antivirus programme nie
hierdie betrokke virus herken nie, van goeie vriende of kennisse. Ongelukkig is die meeste
van hulle gekskeerdery ("hoaxes"), wat reeds lankal bekend is aan die einste
vervaardigers van antivirus sagteware. |