Epos Etiket

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Epos Etiket

Hoe is jou Epos-Maniere?

Weet jy hoe om epos te stuur sonder om vyande te maak of jou soos 'n grotman te gedra? Hier is 'n kort lysie van dingetjies wat krapperig kan wees. Maak die epos-wêreld 'n bietjie aangenamer met 'n paar basiese idees:

 

Rekenaarwenke: Hantering van epos en etiket
  1. Hou jou rekenaar skoon van virusse, sodat jou vriende se eposadresse nie gesteel en misbruik kan word nie.

  2. Moenie talle eposadresse oop en bloot in die "To.." of "Cc.." voeg nie. Dit lei tot die misbruik van eposadresse. As dieselfde boodskap dan aan onverwante ontvangers moet gestuur word, plaas die ontvangers se adresse in die "Bcc" (Blind Copy) sodat hulle nie mekaar se adresse kan sien nie. Ontvangers wie se masjiene met virusse besmet is, kan dan ook nie eensklaps nog 'n rits nuwe eposadresse laat insamel nie.

  3. Moenie 'n eposantwoord onder aan die gestuurde teks gee nie. Plaas die antwoord aan die bo-kant van die oorspronklike boodskap, sodoende gaan antwoorde nie verlore nie en die ontvanger hoef nie sy eie teks weer deur te lees om by jou antwoord uit te kom nie.

  4. Forwards, FORwards, FORWARDS, vir een en almal op jou adreslys is tog so lastig en so "last century". As jy iets belangriks het, sê dit in jou eie woorde of los dit!

  5. Nuusbriewe het dalk nut vir jou en jou klein groepie vriende by die werk, maar verveel net die res van jou vriendekring.

  6. Gebruik "Reply to all" net indien dit absoluut nodig en van toepassing is.

  7. Moenie ALLES IN HOOFLETTERS TIK NIE. Dit lees ongemaklik en nie net lyk dit asof jy skree nie, maar die ontvanger kan dalk dink jy weet nie hoe om te tik of die "Caps Lock" af te haal nie.

  8. Saaklike en belangrike boodskappe moet liefs op daardie wyse en op netjiese "eposskryfpapier" hanteer word. Die boodskap gaan verlore en het minder inpak as die ontvanger tussen talle hoppende hasies of kerjakkerende katjies deur moet waad om inligting te probeer bekom. Die aandag kan gou afdwaal en die oorspronklike boodskap is dan dalk verlore.

  9. Rekenaars is nie almal dieselfde nie en hul sagteware nog minder. Wees byvoorbeeld versigtig om emoticons en eienaardige en uitsonderlike fonte te gebruik, want dit vertolk nie altyd ewe maklik by alle werkstasies nie en jou boodskap kan dan skeef gelees of verkeerd verstaan word. Epos se doel is tog eerstens goeie kommunikasie.

  10. Vermy groot eposstukke en as dit dan móét, breek die boodskap op in dele. Breëband-diens is nie vir almal ewe toeganklik nie en groot eposstukke neem lank om af te laai. Kwotas en diensverskaffer-termes mag dalk ook 'n probleem wees vir sulke groot eposstukke. Gebruik een van die toerits-programme om die eposstuk te kompakteer en makliker aflaaibaar te maak.

  11. RE: Is nie 'n antwoord nie. Gebruik die onderwerpruimte beter deur 'n goeie titel te kies en dit vir jou ontvanger makliker en aangenamer te maak om gou te sien waaroor jou boodskap gaan.

Laaste maar nie die minste nie: Dink mooi voor jy die "SEND" knoppie druk.
Epos kan nie juis "ontstuur" word nie.

 

Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Top 10
OpenOffice
Toetse
PCPitstop
Mailwasher
Vuurmuur
Antivirus
Advertensies
Gekskeerdery
Epos Etiket
Leestekens

Tuis|HomeTop 10OpenOfficeToetsePCPitstopMailwasherVuurmuurAntivirusAdvertensiesGekskeerderyEpos EtiketLeestekens

Die wonderlike wêreld van die natuur

Die mens en sy dinge

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies  

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads